Is toegang ʼn gegewe? | Is access a given?

Benito Trollip & Deon du Plessis

Leestyd: 4 minute | 4 minute read

English follows Afrikaans. This is SADiLaR’s first blog post available in its entirety in two languages – multilingualism!

Niks is so lekker soos om ʼn bron van byna 50 (of meer) jaar gelede te vind vir jou navorsing nie… Oftewel, byna niks nie. Die boek waarin hierdie paar bladsye verskyn sit egter net fisies op ʼn rak in ʼn biblioteek se kelder. En dit is nog nie iewers aanlyn beskikbaar nie.

Is alles wat aanlyn beskikbaar is vanselfsprekend toegankliker omdát dit aanlyn is? Ons vra onsself hierdie vraag af, aangesien die digitale omgewing deesdae die norm is, ons in die digitale omgewing gemaklik is, en ons al hoe meer soontoe migreer. Maar is die feit dat iets aanlyn is nie moontlik ʼn hindernis wat daai bron juis ontoegankliker maak nie?

Wat vir party mense ʼn trap op die leer is kan vir ander ʼn struikelblok wees en soms hou mense vas aan “dis beter as niks”, eerder as om aktief te praat oor wat toegang in al sy vorme behels.

Ons sou sê dat ʼn mens ook toegang as ’n veelfasettige konsep, wat dit is, moet oorweeg. As ons onlangse voorbeelde uit ons eie lewens moet vat:

Benito het gesoek na iets wat ʼn persoon in 1974 in ʼn boek gepubliseer het. Volgens die titel handel dit oor dubbeldiminutiewe (soos byvoorbeeld pasteitjietjie in Afrikaans). Die eerste stap was om te kyk of dit iewers aanlyn opspoorbaar is, hoofsaaklik op Google Scholar of net die algemene Google. Die hoop was dat iémand iéwers dit al gedigitiseer[1] het, en ʼn goeie PDF-weergawe van die vyf bladsye daarom êrens beskikbaar is. Dit het nie gewerk nie.

Hy is toe na ʼn universiteitsbiblioteek se webtuiste en sien daar hulle het ʼn paar kopieë van die boek in hulle kelder. Die boek is nog nie digitaal op hulle institusionele pakhuis beskikbaar nie. Die eerste gedagte: om die vakbibliotekaris te kontak en te vra of hulle iemand het wat dit kan skandeer.

Uiteindelik hét hy die bron, omdat hy ʼn proses gevolg het van aanhou-soek. In dié geval was dit nie besonders moeilik om toegang te kry nie, al moes dit stapsgewys gebeur.

Op sy beurt soek Deon ’n slag na ’n bron wat sowat honderd jaar ouer is, uit die 1870’s. Die eerste bron waarin Suid-Afrikaanse Engels akademies oorweeg word, eerder as die blote waarnemings of gewaarwordinge van leke. (Bygesê, leke het dikwels ’n beter aanvoeling vir dinge as “die kenners”.)

Dié bron sou sekerlik ook toeganklik wees? Hoewel dit meer as ’n goeie stootjie voor die digitale era uitgegee is, moet dit tog iéwers op ’n Suid-Afrikaanse rak staan en stof vergaar? Dis tog so seminaal. Engels beskik tog oor sulke goeie hulpbronne en almal en hulle ouma se biblioteek is mos daarmee toegerus? Moenie glo nie! Ná ’n lang soektog het dit geblyk dat die boek net in die buiteland beskikbaar is, en die goedkoopste opsie was om €17 (ongeveer R310 ten tyde dat hierdie geskryf is) te betaal sodat Bibliothèque nationale de France (Frankryk se staatsbiblioteek) dit digitiseer.

Drie bladsytjies, byna as ’n nagedagte ingevoeg, en hulle is stééds nie beskikbaar vir die algemene publiek in Suid-Afrika nie – digitaal of andersins.

Ons het waardering vir die hulp wat ons ontvang het en die flinke resultate wat ons gekry het. Maar die vraag wat ʼn mens uiteindelik hier kan herhaal is of toegang ʼn probleem is. Dit is dan totaal redelik om te vra hoe iemand net moet weet waar om betroubare inligting te kry? Is €17 vir iemand wat reeds binne die stelsel is werklik “beter as niks”? Wat van die mense buite die stelsel? En as jy nie €17 het nie?

Ons is in die bevoorregte posisie om te weet waar om na inligting te soek – en veral na núwe inligting. Ook dat ons, deur ons affiliasies, toegang kan verkry tot soms-obskure inligting. Die meeste mense in ons land het nie daai voorreg nie: Hulle is nie vertroud met die stelsel nie, het nie toegang tot internet nie, beskik nie oor die sleutels wat die deur tot kennis ontsluit nie.

Hierdie inskrywing laat eindelik die leser moontlik met meer vrae as antwoorde, maar juis dít is die punt: Dat ons moet vra wat is toeganklik, geregtig, of selfs geldig. Want slegs deur te vra kry ’n mens antwoorde.

Die vraag oor toegang is ʼn komplekse een wat met omsigtigheid benader behoort te word. Daar is vlakke van toegang wat ʼn mens in gedagte moet hou wanneer iets beplan of geïmplementeer word; dit is ongelukkig nie genoeg om net te berus by “dis beter as niks” nie. Helaas help daai bietjie slegs om toegang vir die enkeles wat voorheen klaar toegang gehad het makliker te maak. Toegang is moeilik en nie ʼn gegewe nie, maar dit beteken juis dat al hoe meer mense nodig is om dit te laat werk.

 

English

For a researcher there’s little that compares to finding an important source that’s 50 (or more) years old… Or nothing at all. The book in which these few pages appear is only available physically, on a library shelf somewhere in the basement. Nowhere online.

Does it go without saying that something that’s available online will be more accessible because it’s online? We’re asking because the digital is the norm nowadays: we’re comfortable in the digital environment, and we’re progressively migrating more toward it. But isn’t the fact that something is available online possibly more of a hindrance that makes it less accessible still?

Something that’s a step on the ladder for some could be an impediment to others and many people hold on to the adage that “something is better than nothing” rather than actively talking about what access in all its forms means.

We’d argue one has to consider access as a multifaceted concept, which it is. To take recent examples from our own lives:

Benito was looking for something that someone published in a book in 1974. According to the title it’s about double diminutives, like “pasteitjietjie” in Afrikaans (English seldom does diminutives morphologically). The first step was to see if it’s available somewhere online, either on Google Scholar or just regular Google. Hopefully someone somewhere had digitised it, and a good PDF version would be available. That approach failed.

He then went to a university library’s website which showed they have a few copies of the book in their basement. It’s not digitally available in their institutional “warehouse” as yet. The next step was to contact their subject librarian and ask if they have someone who could scan it.

Finally he got the source, thanks to a process of keeping-on-searching. In this case it wasn’t especially difficult to get access, even though it had to happen via a process.

Deon was looking for a source roughly a hundred years older, from the 1870s. The first source that mentions South African English in an academic context, instead of the comments or observations of laypeople. (It should be added that laypeople often have a better sense of things than “experts” do.)

Surely such a source would be accessible? Although it was published well before the digital age, it should be somewhere on a South African shelf collecting dust? It’s so seminal. English has such good resources and everyone and their grandmother has access to them in the library? No such luck. After a long search, it became clear the book is only available overseas. The cheapest option was to pay €17 (roughly R310 at the time of writing) for Bibliothèque nationale de France (the national library in France) to digitise it.

Three short pages, added almost as an afterthought, and they are still not available to the general public in South Africa – digitally or otherwise.

We appreciate the help we received, and the fast results. But the question worth repeating here is if access is a problem. After all, isn’t it entirely reasonable to ask whether someone shouldn’t just know where to get reliable information? But is €17 for someone already in the system really “better than nothing”? What about people outside the system? What if you don’t have €17?

We’re in the privileged position that we know where to look for information, especially new information. We also have access, through our affiliations, to often-obscure information. Most people in our country are not so privileged. They do not know the system, do not have access to internet, they do not have the keys to unlock the doors to knowledge.

This post ultimately leaves the reader with more questions than answers, but exactly that is the point. We need to ask what is accessible, or just, or even valid. It’s only by asking that one gets answers.

The question about access is complex; it needs to be approached carefully. There are levels of access that need to be borne in mind when planning or implementing something. Unfortunately it isn’t enough to stick to “something is better than nothing”. Alas, that small bit helps only to make access easier for the precious few who had it in the first place. Access is not a given, but for that very reason more people are needed to make it work.

 

 

[1] Daar is ’n onderskeid tussen “digitiseer” en “digitaliseer”. Meer is hier te lese: https://afrikaans-vandag.co.za/WAV/WAV_D.html