{"id":6698,"date":"2020-01-30T08:03:42","date_gmt":"2020-01-30T08:03:42","guid":{"rendered":"https:\/\/sadilar.org\/digitale-geesteswetenskappe\/"},"modified":"2023-08-24T14:57:11","modified_gmt":"2023-08-24T14:57:11","slug":"digitale-geesteswetenskappe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/sadilar.org\/en\/digitale-geesteswetenskappe\/","title":{"rendered":"Digitale geesteswetenskappe: \u0149 saak van doen \u00e9n dink"},"content":{"rendered":"<p><strong><em><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Author: <a href=\"https:\/\/sadilar.org\/researcher-afrikaans\/\">Benito Trollip<\/a>\u00a0(SADiLaR Afrikaans Researcher)\u00a0<\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><em><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Updated version<\/span><\/em><\/strong><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Short summary and English title:<\/span><\/strong><br \/><strong><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Digital humanities: A case of doing and thinking<\/span><\/strong><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">In this piece questions are raised pertaining to how digital humanities (DH) is approached in\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">general and in the Afrikaans research community specifically. It should be an important\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">consideration to think about the interaction between the digital and the humane when\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">undertaking a DH-project. An appeal is made to think and converse about digital\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">methodologies before they are applied to humanities research.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><!--more--><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Digitale humaniora is \u0149 saak van doen \u00e9n dink<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Digitale humaniora [1] , beter bekend as Digital Humanities (hierna DH), is \u0149 vangnetbegrip wat\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">gebruik word vir studies waarin elemente van onder andere rekenaarwetenskap en\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">geesteswetenskap ingespan word. Volgens Dobson (2019:1) is DH \u0149 begrip wat vroeg in die\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">een-en-twintigste eeu ontstaan het om \u0149 klomp nieverbandhoudende strategie\u00eb en\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">benaderings bymekaar te bring te midde van die toenemende digitale transformasie van die\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">alledaagse lewe en werk van geesteswetenskaplikes. Algemene voorbeelde van DH is\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">kunsmatige intelligensie soos Windows se Cortana of Google Translate. Taalstudies waarin\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">teks deur middel van sagteware of rekenaarkode ingesamel en verwerk word, is ook\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">voorbeelde van DH. Dieselfde geld vir letterkundige studies waarin skrywers se werke deur\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">middel van rekenaarmatige metodes ondersoek word. In hierdie gedagtestuk word vrae oor\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">die aard en toepassing van DH in die algemeen en in Afrikaans kortliks geopper en\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">bespreek.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u0149 Onlangse publikasie wat \u0149 kritiese blik op DH werp, is Dobson se Ciritcal Digital\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Humanities: The Search for a Methodology (2019). Hy maak \u0149 saak uit vir \u0149 terugkeer na\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">selfkritiek en ook vir \u0149 kritiese ingesteldheid teenoor die metodes wat gebruik word in DH.\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Vir my het hierdie publikasie \u0149 bewustheid geskep van DH se veelvlakkige aard \u2013 oftewel\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">die veelvlakkige aard wat dit behoort te h\u00ea. Een insig wat ek uit die boek gekry het, is dat\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">sagteware of enige kode wat ons gebruik nie so objektief is soos wat ons onsself oortuig dit\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">is nie. \u0149 Ideaal in sommige benaderings tot hedendaagse geesteswetenskaplike navorsing\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">blyk te wees om die geesteswetenskappe minder subjektief en minder afhanklik van die\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">interpretasie van die wetenskaplike se kritiese blik te maak. Komputasionele en wiskundige\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">metodologie\u00eb wil voorkom as maniere waarop navorsers of rolspeler poog om hul\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">geesteswetenskaplike werk gedeeltelik van hul subjektiewe interpretasie te stroop.\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Uiteindelik is sagteware, rekenaarkode en formules gemaak deur persone met \u0149 sekere\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">w\u00eareldbeskouing wat gekies het om sekere goed in te sluit en ander goed uit te sluit toe\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">hulle die sagteware ontwikkel het. Alles gaan met bepaalde vooroordele en uitsluitings\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">gepaard en \u0149 bewustheid en kritiese ingesteldheid daaroor is nodig in DH. So \u0149\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">ingesteldheid sal veral geloofwaardigheid verleen aan argumente dat geesteswetenskappe\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">digitaal m\u00f3\u00e9t word. Om krities te wees oor die metodes wat jy gebruik, is nie dieselfde as om\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">negatief of afkeurend daaroor te wees nie. \u0149 Erkenning van tekortkominge is uiteindelik\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">voordelig vir die algehele wetenskaplike agenda en bied ander die geleentheid om voort te\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">bou op jou werk. Dobson se boek is broodnodige leesstof vir enige geesteswetenskaplike\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">wat reeds deel is van die DH-w\u00eareld of selfs op hierdie stadium net daaroor wonder.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">DH is lank nog nie \u0149 gevestigde begrip in die Afrikaanse navorsingsgemeenskap nie, altans\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">nie tot so \u0149 mate dat dit uit die titels of opsommings van akademiese bydraes blyk nie. Dit\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">wil nie s\u00ea dat navorsers of rolspelers nie DH-elemente in hulle werk het nie, dit word bloot\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">nie so ge\u00ebtiketteer nie. Vrae wat in toekomstige gesprekke oor DH onder belanghebbendes\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">bespreek behoort te word, sluit die volgende onversadigde lys in:<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0(1) Wat kan die redes wees waarom DH nog nie ingeburger is in die Afrikaanse<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 navorsingsgemeenskap nie?<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0(2) Wat is die mate van gesprekvoering tussen studente, akademici en ander rolspelers<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 oor DH in geesteswetenskappedepartemente?<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0(3) Tot watter mate word die konseptuele invloed van DH met belanghebbende<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">\u00a0 \u00a0 \u00a0 \u00a0 bespreek alvorens DH-metodes aan hulle gedemonstreer word?\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Ek wil hierdie opiniestuk afsluit met die voorstel dat daar baie meer gesprekvoering tussen\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">rolspelers behoort plaas te vind. Dit moet in gedagte gehou word dat DH meer behoort te\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">wees as die afdwing van \u0149 rekenaarmatige regime op die geesteswetenskappe vir redes\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">soos befondsing en relevansie, aangesien dit eintlik bydra tot \u0149 afname in die legitimiteit van\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">die navorsing as die metodes nie krities gemotiveer word nie. Die konseptuele invloed van\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">digitale metodologie\u00eb op geesteswetenskaplike vraagstukke behoort indringende aandag te\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">geniet. Die groot ideaal (volgens sommiges) om \u0149 objektiewer geesteswetenskappe te\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">vestig, sal aandag moet geniet. Is dit nodig? Moet die kritiese blik van die persoon wat die\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">navorsing doen, gestil word? Is daar nie \u0149 inherente subjektiwiteit teenwoordig in\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">geesteswetenskaplike werk nie? Is die kritiese opinies en argumente van\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">geesteswetenskaplikes nie \u0149 kardinale deel van wat hul werk van ander wetenskaplikes s\u2019n\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">onderskei nie?\u00a0<\/span><\/p>\n<p><em><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Vrywaring: Die uitsprake gemaak in hierdie blog is di\u00e9 van die skrywer en die insigte of\u00a0<\/span><\/em><em><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">wanopvattings voortspruitend is sy eie. Die huidige weergawe van die blog is \u0149 <strong>bygewerkte\u00a0<\/strong><\/span><\/em><em><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\"><strong>weergawe<\/strong> van die oorspronklike wat op 6 Februarie 2020 verskyn het.\u00a0<\/span><\/em><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Notas<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">[1] \u0149 Ander begrip wat al in Afrikaans gebruik is om na digitale humaniora te verwys, is\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">digitale geesteswetenskappe wat deur Senekal (2011) gebruik is. Digitale humaniora\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">is in \u0149 webblog wat op YouTube gevind kan word by<\/span><br \/><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\"><a href=\"https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=A_NJfnAYYUk&amp;amp;feature=youtu.be\">https:\/\/www.youtube.com\/watch?v=A_NJfnAYYUk&amp;amp;feature=youtu.be<\/a> gebruik, asook\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">in Greyling (2017).\u00a0<\/span><\/p>\n<p><strong><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Bronnelys\u00a0<\/span><\/strong><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Dobson, James E. 2019. Critical digital humanities: The search for a methodology. Illinois:\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Illinois Press.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Greyling, F. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: samespel en wisselwerking in nuwe\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">kontekste. LitNet Akademies, 14(2):147-189. Beskikbaar by:<\/span><br \/><a href=\"https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet_v14_n2_a6.pdf?expires=1582181189&amp;amp;id=id&amp;amp;a%20ccname=guest&amp;amp;checksum=7952611AEBA0D4DE34564B36129AC76E\"><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet_v14_n2_a6.pdf?expires=1582181189&amp;amp;id=id&amp;amp;a<\/span><\/a><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\"><a href=\"https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet_v14_n2_a6.pdf?expires=1582181189&amp;amp;id=id&amp;amp;a%20ccname=guest&amp;amp;checksum=7952611AEBA0D4DE34564B36129AC76E\">ccname=guest&amp;amp;checksum=7952611AEBA0D4DE34564B36129AC76E<\/a>. Besoek op 20\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Februarie 2020.\u00a0<\/span><\/p>\n<p><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Senekal, B.A. 2011. Die digitalisering van NALN se knipselversameling: Die bemiddeling van\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">21steeeuse navorsing in die Afrikaanse letterkunde. LitNet Akademies, 8(2):46-65.\u00a0<\/span><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">Beskikbaar by: <a href=\"https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet\/8\/2\/litnet_v8_n2_a3.pdf?expires%20=1573202367&amp;amp;id=id&amp;amp;accname=guest&amp;amp;checksum=573159D761F506A3F333DE418C89D217\">https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet\/8\/2\/litnet_v8_n2_a3.pdf?expires<\/a><\/span><a href=\"https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet\/8\/2\/litnet_v8_n2_a3.pdf?expires%20=1573202367&amp;amp;id=id&amp;amp;accname=guest&amp;amp;checksum=573159D761F506A3F333DE418C89D217\"><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\">=1573202367&amp;amp;id=id&amp;amp;accname=guest&amp;amp;checksum=573159D761F506A3F333DE418C89D21<\/span><\/a><span style=\"font-family: 'trebuchet ms', geneva, sans-serif;\"><a href=\"https:\/\/journals.co.za\/docserver\/fulltext\/litnet\/8\/2\/litnet_v8_n2_a3.pdf?expires%20=1573202367&amp;amp;id=id&amp;amp;accname=guest&amp;amp;checksum=573159D761F506A3F333DE418C89D217\">7.<\/a> Besoek op 8 November 2019.<\/span><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Author: Benito Trollip\u00a0(SADiLaR Afrikaans Researcher)\u00a0 Updated version Short summary and English title:Digital humanities: A case of doing and thinkingIn this piece questions are raised pertaining to how digital humanities (DH) is approached in\u00a0general and in the Afrikaans research community specifically. It should be an important\u00a0consideration to think about the interaction between the digital and the [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":246,"featured_media":0,"comment_status":"closed","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"_acf_changed":false,"footnotes":""},"categories":[741],"tags":[],"class_list":["post-6698","post","type-post","status-publish","format-standard","hentry","category-blogs"],"acf":[],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6698","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/users\/246"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=6698"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6698\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":6852,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/6698\/revisions\/6852"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=6698"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=6698"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/sadilar.org\/en\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=6698"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}